OMS ATLETIEK BANNER

Atletiek

Atletiek word in die eerste kwartaal en een week van die vierde kwartaal aangebied. Oranje se kleure-atletiek vind in Januarie plaas. Na verloop van die kleure-atletiek word dogters wat presteer het, gekies om verder na oefeninge te kom voordat hul ingeskryf word vir die Sone byeenkoms. Dogters wat tydens hierdie byeenkoms presteer, word dan gevra om verder nog oefeninge by te woon, sodat hul kan gaan deelneem aan die Vrystaat-kampioenskap.

In die vierde kwartaal word daar vir een week ‘n atletiekdemonstrasie gehou om aan die graad 3 leerders te demonstreer hoe om hoogspring, verspring en gewigstoot te doen. Daar sal aan die graad 5 leerders spiesgooi en diskus gedemonstreer word.

Landloop

Oranje behartig die inskrywings vir ligas. Om te kwalifiseer om aan die Vrystaat-kampioenskappe te mag deelneem, moet ‘n atleet aan 60% van haar streekligas deelgeneem het. Landloop vind die tweede- en derde kwartaal op Vrydae by die Universiteit van die Vrystaat plaas.

Tweekamp

Oranje behartig die inskrywings. Daar vind verskillende proewe plaas.Tydens proewe gedurende Maart word die Suid-Vrystaat A-span gekies wat aan die SA-kampioenskappe deelneem.Tydens proewe in September word die Suid-Vrystaat A-, B- en C-span gekies wat aan die Interprovinsiale kampioenskappe deelneem.

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Atletiek

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Atletiek