Primêre Meisieskool Oranje Biblioteek

Biblioteek

Die skool beskik oor ‘n biblioteek waar dogters Afrikaanse- en Engelse storieboeke kan uitneem om die fantasiewêreld van stories te geniet. ‘n Verskeidenheid temas, o.a. Avontuur

en Spanning, Afrika Verhale, Christelike Lektuur, Fantasie en Sprokies, Diereverhale, Jeugromans, Kinderkaskenades, Kortverhale en Speurverhale is beskikbaar om aan elke leerder se behoeftes te voldoen. Die leuse van die biblioteek is dan ook baie gepas: “Lees bring kennis – kennis gee mag.”

 

Uitleentye:       Elke dag:                                  Pouse

                        Maandagmiddag:                    13:45 – 14:45

                        Donderdagmiddag                  13:45 – 14:45

Boetes word gehef op boeke wat ná die sperdatum ingehandig word. Ouers word verantwoordelik gehou vir boeke wat verlore of onherstelbaar beskadig word. ‘n Vervangingsfooi van R140,00 word op elke verlore boek gehef.