OMS MINITENNIS BANNER

Minitennis

Ons wil graag Minitennis ‘n lekker ervaring maak, daarom maak ons dikwels van  opwarmingsoefeninge en speletjies gebruik, sodat dogters ‘n liefde daarvoor ontwikkel. Tydens die tweede en derde kwartaal het die gr. 1-dogters minitennis tydens LO-periodes en nie in die middae nie.

Gr. 3-dogters begin met tennis in die vierde kwartaal. Graad 1-, 2- en 3-dogters kan private tennisonderrig ontvang. Hulle is ook welkom om aan tennistoernooie tydens naweke en vakansies deel te neem. Dogters wat minitennis wil speel, MOET in die eerste kwartaal reeds begin.  Slegs nuwe leerders van ander skole mag gedurende die tweede en derde kwartale met minitennis begin. Vir minitennis word ‘n nr. 23 rakket gebruik.

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Minitennis

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Minitennis