OMS NETBAL BANNER

Netbal

Netbal vind hoofsaaklik plaas gedurende die tweede kwartaal. Dogters begin wel al aan die einde van die eerste kwartaal oefen. Die o. 12- en o. 13-oefengroepe begin reeds in Januarie oefen. Die netballiga begin die tweede week van die tweede kwartaal. Ligawedstryde word dan op Woensdae gespeel. Daar word gepoog om soveel spanne as moontlik te laat speel. Netbaloefeninge geskied op Maandae, Dinsdae en Donderdae soos op die buitemuurse rooster aangedui. Gedurende die vierde kwartaal word proewe gehou vir die daaropvolgende jaar. Die Gr. R- dogters word hier ook betrek en ‘n voorseisoen-oefenprogram word gevolg.

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Netbal

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Netbal