OMS TENNIS BANNER

Tennis

Tennis word al vier kwartale gespeel. Dogters wat tennis wil speel, moet in die eerste kwartaal begin. Uitspeelwedstryde vir spanne begin in die eerste kwartaal en slegs nuwe leerders van ander skole mag gedurende die res van die jaar met tennis begin. Die o.11-liga vind gedurende die vierde kwartaal plaas. Gedurende April neem ons aan ‘n o. 11-toernooi in Bethlehem deel.

Gedurende die vierde kwartaal eksamen word rond-om-talie wedstryde gespeel om te bepaal wie in hierdie toerspan gaan wees. Spelers wat aan die rond-om-talie deelneem word op meriete deur die afrigter gekies. Geen daagwedstryde vind by o. 11 plaas nie.

Gedurende die derde kwartaal neem ons deel aan die o. 13 liga, waarvoor vyf spanne ingeskryf word. Vanaf die eerste kwartaal tot einde tweede kwartaal speel hierdie dogters daagwedstryde om die leer te bepaal. Daagwedstryde vir die Amanda Coetzer-toernooi sluit stiptelik twee weke voor die toernooi. Aan die einde van die tweede kwartaal eindig die daagwedstryde en word die spanne vasgestel vir die jaar. Dit is BAIE belangrik dat dogters wat tennis as ‘n skoolsport kies, haar program so sal organiseer dat sy sover moontlik elke oefening kan bywoon.

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Tennis

Kliek hier om meer fotos te sien oor ons Tennis