AFRIKAANS HUISTAAL
Oranje onderskei hulle jaarliks tydens die matriekeksamen. Vir die tiende agtereenvolgende jaar eindig Oranje in die 2018-eksamen eerste uit al die skole in die Vrystaat. Al die matrieks slaag Afrikaans huistaal met ’n gemiddeld van 70,4{384a8e564f8c763ff5cc57b890edb3c27f610c54268bd61a2de4ae7e8ee79e14}. Agtien onderskeidings is behaal.
Die leerders skryf jaarliks vir verskeie skryfkompetisies in, soos die Poort-kompetisie (prosa / poësie) en die NALN-Skrywersvereniging se skryfkompetisie.
Gr. 10- tot gr. 12-leerders woon jaarliks ’n drama-opvoering, aangebied deur ’n professionele toneelagentskap by. Gr. 10’s se opvoering handel oor beeldspraak. Vir gr. 11’s is die leerders se drama, My Japan, wat opgevoer word. Die matriekleerders woon twee opvoerings by – een oor hulle voorgeskrewe drama, sowel as een oor hulle voorgeskrewe prosawerk.
Oranje se Afrikaanse departement bestaan uit ’n groep baie ervare onderwysers. Mej. Lucia Theron is die vakhoof. Die vakonderwysers is me. Lucia Theron (gr. 11 tot gr. 12), Corné Marais (gr. 8 tot gr.9), Erika Steyn (gr. 8 to gr. 10) en mevv. Johanette Jacobs (gr. 10 tot gr. 12), Renette van der Walt (gr. 10 tot gr. 12) en Christine Hugo (gr. 8 tot gr. 11).
Oranje Skakels
Pre-Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Niel Theart):
E-pos: joostehuis@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 084-511-6263
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395
© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999