Juniorkoor

Die juniorkoor is vir dogters van gr. 1 tot gr. 3. Alle dogters wat in die juniorkoor wil sing, moet eers ’n oudisie by die koorleier aflê.

Die eerste drie oefeninge maak deel uit van die oudisie. Die koor oefen Woensdae van 16:00 tot 17:00 en voor ’n kompetisie of optrede op Vrydae van 13:00 tot 13:30.

Die koor tree op in hulle skooldrag en elke lid dra by tot die koor se vordering en mooi klank.

Koorleier: Werner Stander
Begeleier: Maretha Steyn