ALGEMEEN

Wie is ons
Die Primêre Meisieskool Oranje is uit die stryd en armoede van die Afrikanervolk ná die Anglo-Boereoorlog gebore. President MT Steyn, stigter van Oranje in 1907, het die volgende in gedagte gehad met die stigting van die skool: “Gee aan die vrou godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ‘n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ‘n heldin word.”

Die naam “Oranje”
Die skool is vernoem na die Huis van Oranje in Nederland, aangesien die jong koningin Wilhelmina ‘n ruim bydrae tot die stigting van die skool gemaak het. Behalwe geld, is silwer en porselein gestuur om die skool in te rig.

Skoolwapen
Pres. Steyn en sy vrou het hulle familiewapen aan die skool oorhandig. Dit is oorspronklik afkomstig uit Haarlem.

Ons leuse
Daar is drie eenjies op die wapen. ‘n Eend kan net vorentoe stap en nooit agteruit, simbolies dus vir ons leuse: Vooruit.

Skoolure
Gr. 1-2: 07:30 tot 13:00
Gr. 3: 07:30 tot 13:15 (Vrydae tot 13:00)
Gr. 4-7: 07:30-13:30

Spreekure
Die skoolhoof, mev. Adrie Albertyn, het ‘n oopdeur-beleid. Indien u enige navrae het, kan u haar kom spreek. Maak gerus ‘n afspraak by haar sekretaresse, mev. Suzanne de Villiers, by 051-447-6845 en kantoor@oranjeprimer.co.za.

Eendjienuus
Die Eendjienuus (nuusbrief) word elke Vrydag uitgegee. Uitslae van die afgelope week en inligting van die komende week word hierin deurgegee. Stuur uitslae na sportadmin@oranjeprimer.co.za.

Posbus
Indien u voorstelle of klagtes het oor enige aangeleentheid, kan u dit in die posbus in die voorportaal langs die kantoor gooi.

SMS-stelsel
Die skool probeer om ouers op hoogte te hou van gebeure en aktiwiteite deur middel van die SMS-stelsel. Dringende kennisgewings (bv. buitemuurs wat afgestel word, asook nuus van skooltoere) word hiermee gestuur.

Skool se bankbesonderhede
C & N Primêre Meisieskool Oranje
ABSA Bank
157 017 0933
Tjekrekening
Brandwag
632 005
Verwysing is belangrik

Le Rouxhuis bankbesonderhede
E. le Roux-bedryfsrekening
ABSA Bank
157 014 9128
Tjekrekening
Brandwag
632 005
Verwysing is belangrik

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Bornmanhuis
(Rina de Kock):
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 072-302-5662

Le Rouxhuis
(Anita Fourie):
E-pos: anitafourie@webmail.co.za
Telefoon: 082-903-5947

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495