PERSONEEL
SKOOLHOOF EN ADJUNKHOOF

Adrie Albertyn
Skoolhoof
Jaar by OMS begin: 1983
Waar gematrikuleer:
Hoërskool Sand du Plessis
Hoekom die onderwys betree:
Vanweë my liefde vir kinders en om ’n verskil te maak in hulle ontwikkeling.

Anita Fourie
Adjunkhoof
Jaar by OMS begin: 1994
Waar gematrikuleer:
Hoërskool Sand du Plessis
Hoekom die onderwys betree:
Dis in my gene. Daar is baie onnies in my familie. Die keuse was onderwys of drama. Ek dink ’n onderwyser moet maar altyd so effe van ’n akteur wees wees in die klas.
ONDERWYSERS

Marelize Steyn
Graad 1
Jaar by OMS begin: 2013
Waar gematrikuleer:
Hoërskool Middelburg (Oos-Kaap)
Hoekom die onderwys betree: Solank ek net ’n verskil kan maak in een kind se lewe, het ek my doel bereik.

Linda van Rooyen
Graad 1
Jaar by OMS begin: 2006
Waar gematrikuleer:
Hoërskool Hennenman
Hoekom die onderwys betree:
Ek wil kinders inspireer om hulle volle potensiaal te bereik en vir hulle ’n veilige omgewing skep waar hulle hul drome vlerke kan gee.

Isabel Strauss
Graad 1
Jaar by OMS begin: 2016
Waar gematrikuleer:
Hoër Meisieskool Oranje
Hoekom die onderwys betree:
Ek deel ’n groot passie vir kinders en wil ’n verskil in hul lewens maak. Jesus beskou kinders as baie spesiaal en belangrik en het tyd vir hulle gemaak. Ek wil daardie voorbeeld volg.

Tanya Fourie
Graad 2
Jaar by OMS begin: 1994
Waar gematrikuleer:
Hoër Meisieskool Oranje
Hoekom die onderwys betree:
Ek was van jongs af baie lief vir klein kinders en het hulle verstaan. Ek het op hoërskool al die gr. 1 en gr. 2’s in swem en dwergtennis afgerig.

Elmarie Pretorius
Graad 2
Jaar by OMS begin: 2000
Waar gematrikuleer: Hoërskool Calvinia
Hoekom die onderwys betree: In ’n atmosfeer gevul met kreatiwiteit en humor, verskaf dit my groot plesier om te sien hoe leerders optimaal groei en ontwikkel.

Anika Groenewald
Graad 2
Jaar by OMS begin: 2020
Waar gematrikuleer: Hoërskool Ficksburg
Hoekom die onderwys betree: Ek hou daarvan om te sien hoe kinders in hulself groei, nie net akademies nie, maar ook emosioneel, fisies en geestelik. Ek het ‘n liefde om met kinders te werk.

Anné Gunter
Graad 3
Jaar by OMS begin: 2008
Waar gematrikuleer: Hoërskool Piet Potgieter
Hoekom die onderwys betree: Onderwys is ’n roeping en ’n passie – die onselfsugtige gee van jouself, om klein lyfies te onderrig, ondersteun en te help om hul volle potensiaal te bereik.

Izmari van Wyk
Graad 3
Jaar by OMS begin: 2019
Waar gematrikuleer: Hoërskool Sentraal
Hoekom die onderwys betree: Die Here het vir my ’n gawe gegee om met kinders te werk en ek maak graag van die geleentheid gebruik om ’n verskil in hulle en ander se lewens te maak.

Mariana van Eyssen
Graad 3
Jaar by OMS begin: 1991
Waar gematrikuleer: Hoërskool Jim Fouché
Hoekom die onderwys betree: Onderwys is ’n roeping. Dit is ’n geleentheid om ’n verskil in leerders se lewe te maak en dis ’n voorreg. Die uitdagings, vriendelike gesiggies en die “môre, Juffrou!” maak onderwys die moeite werd.

Elmarie van Rooyen
Graad 4
Jaar by OMS begin: 2006
Waar gematrikuleer: Hoërskool Generaal Hertzog
Hoekom die onderwys betree: Dit bied die geleentheid dat ek talle fasette van my menswees kan uitleef, soos my passie vir sport, kreatiwiteit, liefde vir kinders en die geleentheid om ’n verskil te maak in hul lewens.

Anzel Henegan
Graad 4
Jaar by OMS begin: 2014
Waar gematrikuleer: Hoërskool Middelburg (Mpumalanga)
Hoekom die onderwys betree: Om jong mensies te lei. Nie net in leervakke nie, maar ook om die grootmenswêreld met insig en selfvertroue te betree.

Celeste Viljoen
Graad 4
Jaar by OMS begin: 2003
Waar gematrikuleer: Hoërskool Daniëlskuil
Hoekom die onderwys betree: Ek het gedink dit sou lekker wees en dan kan ek netbal afrig.

Engela le Roux
Graad 5
Jaar by OMS begin: 1998
Waar gematrikuleer: Hoërskool Sand du Plessis
Hoekom die onderwys betree: Kinders en hokkie was nog altyd my passie. Om groei in kinders oor ’n periode van ’n jaar waar te neem, is ongelooflik.

Michelle Crous
Graad 5
Jaar OMS begin: 2017
Waar gematrikuleer: Eunice High School
Hoekom die onderwys betree: Ek het nog altyd ’n liefde vir kinders gehad. Om hul groei en vaardigheids-ontwikkeling te sien, bring vir my vreugde. Jy kan ’n groot impak maak as jy elke individu aanvaar en liefhet nes hulle is.

Natasja Geyer
Graad 5
Jaar by OMS begin: 2010
Waar gematrikuleer: Hoërskool Jim Fouché
Hoekom die onderwys betree: Om kinders te leer op die gebied van akademie, sosiaal en sport. Dis ’n voorreg.

Marteli Ross
Graad 6
Jaar by OMS begin: 2019
Waar gematrikuleer: Hoërskool Vryburg
Hoekom die onderwys betree: Ek het van kleins af ’n passie by my ouers (albei onnies) vir die onderwys gekry. Onderwys het ’n kardinale rol in my persoonlikheidsvorming gespeel.

Elmarie Roos
Graad 6
Jaar by OMS begin: 2019
Waar gematrikuleer: Welkom Gimnasium
Hoekom die onderwys betree: Dit was danksy my passie vir die wetenskappe. Ek wil graag ’n liefde vir die vak by hulle kweek.

Adéle Naudé
Graad 6
Jaar by OMS begin: 2011
Waar gematrikuleer: Hoërskool Alberton
Hoekom die onderwys betree: Ek het ’n groot passie om met kinders te werk en dis die een beroep wat alle ander beroepe moontlik maak.

Elsabé de Klerk
Graad 7
Jaar by OMS begin: 2001
Waar gematrikuleer: Hoërskool Louw Wepener
Hoekom die onderwys betree: Ek wou graag met kinders werk. Ek is versot op wiskunde en sport en wou hulle ook meer daarvan leer.

Marida Myburgh
Graad 7
Jaar by OMS begin: 2006
Waar gematrikuleer: Hoërskool Sand du Plessis
Hoekom die onderwys betree: Om ’n verskil te maak in veral kinders se lewens. Juis daardie kinders wat nie in hulself glo nie. Ek glo in regverdigheid.

Margarete Swart
Graad 7

Roxy Burger
Suid-Sotho
Jaar by OMS begin: 2016
Waar gematrikuleer: Eunice High School
Hoekom die onderwys betree: Om leerders te help en aan te moedig om hulle volle potensiaal te bereik en om daardeur ’n verskil in hul lewens te maak.

Nienke van der Walt
Remediërende onderrig
Jaar by OMS begin: 2012
Waar gematrikuleer: Hoër Volkskool Graaff-Reinet
Hoekom die onderwys betree: Ek geniet al die aktiwiteite wat saam met die onderwys kom. Dis ook lekker om in ’n kind se ontwikkeling te deel en ’n positiewe bydrae te maak.

Twanette Koekemoer
Remediërende onderrig
Jaar by OMS begin: 2002
Waar gematrikuleer: Hoërskool Grenswag
Hoekom die onderwys betree: Die eerlikheid en opregtheid waarmee kinders lewe het met my hart gespreek.

Fran-Mari Swart
Liggaamsopvoeding
Jaar OMS begin: 2019
Waar gematrikuleer: Hoërskool Hoopstad
Hoekom die onderwys betree: Ek het besluit om ’n onderwyser te word omrede ek ’n groot passie en liefde vir kinders het.
MUSIEKPERSONEEL

Mariëtte de Waal
Jaar by OMS begin: 2018
Waar gematrikuleer: Hoërskool Bothaville
Hoekom die onderwys betree: Ek het musiekonderwys gekies omdat ek graag ’n bydrae tot opvoeding wil maak en kinders wil blootstel aan die verrykende uitwerking wat musiek bied.

Elsabé Raath
Jaar by OMS begin: 2018
Waar gematrikuleer: Hoërskool Staatspresident Swart
Hoekom die onderwys betree: Omdat ek die ontwikkeling van jong violiste en altvioliste as baie belangrik beskou. Hulle is die toekoms van musiek in Suid-Afrika.

Werner Stander
Jaar by OMS begin: 2012
Waar gematrikuleer: Hoërskool Ladybrand
Hoekom die onderwys betree: Ek het ’n passie vir musiek en musiekopvoedkunde. Ek glo almal kan leer om musiek te maak.

Maretha Steyn
Jaar by OMS begin: 2018
Waar gematrikuleer: Hoërskool Andrew Rabie
Hoekom die onderwys betree: Musiek is my Godgegewe talent en daarom is my roeping om die vreugde en ontwikkeling wat daarmee gepaard gaan, met ander te deel.

Luzanne Eigelaar
Jaar by OMS begin: 2019
Waar gematrikuleer: Hoërskool Fichardtpark
Hoekom die onderwys betree: Ek is passievol oor musiekonderrig en die ontwikkeling van jong musikante. Ek streef na Frances Clark se woorde “There is music in every child. The teacher’s job is to find it and nurture it”.
ADMINISTRATIEWE PERSONEEL

Chandriné Jones
Sportorganiseerder
Jaar by OMS begin: 2012
Waar gematrikuleer: Hoër Meisieskool Oranje
Hoekom die onderwys betree:

Sarel Klokow
IT administrateur
Jaar by OMS begin: 2019
Waar gematrikuleer: Bethlehem Voortrekker Hoërskool
Hoekom IT en die onderwys betree: Ek het van jongs ’n belangstelling gehad in rekenaars, tegnologie en om mense te leer. Dit was dus ’n redelik natuurlike uitvloeisel van een van my passies.

Marita Meyer
Finansiële beampte
Jaar by OMS begin: 2007
Waar gematrikuleer: Hoërskool Kenhardt
Hoekom die onderwys betree: Ek geniet die mense-kontak en die kinders. Dis ’n groot voorreg om deel van die administratiewe span te wees wat help dat als in die agtergrond glad verloop.

Corlia van Heerden
Finansiële beampte
Jaar by OMS begin: 2006
Waar gematrikuleer: Hoërskool Sentraal
Hoekom die onderwys betree: Ek is baie lief vir syfers, maar mense om my is ook belangrik. Ek is dankbaar om by hierdie fantastiese skool te kan werk.

Rita Prinsloo
Debiteure klerk
Jaar by OMS begin: 2016
Waar gematrikuleer: Hoërskool Lichtenburg
Pre-Primêr
Webwerf
E-Pos: kantoor@oranjepp.co.za
Telefoon: 051 448 4149
Faks: 051 447 0070
Kantoor-Ure:
Maandag-Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00
Primêr
Webwerf
E-Pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051 447 6845
Faks: 051 447 0070
Ure: Maandae tot Donderdae: 07:00-15:00
Vrydae: 07:00-14:00
123
E-Pos: kantoor@oranjepp.co.za
Telefoon: 051 448 4149
Faks: 051 447 0070
Kantoor-Ure:
Maandag-Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00
Titel
Webwerf
E-Pos: kantoor@oranjepp.co.za
Telefoon: 051 448 4149
Faks: 051 447 0070
Kantoor-Ure:
Maandag-Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:
Reünie
E-pos: sarette1972@gmail.com
Telefoon: 079-870-0495