
Die C & N Primêre Meisieskool Oranje is ’n puik akademiese instelling met ’n trotse tradisie en is soos ’n groot familie waar elke dogter baie spesiaal is.
Dit is Oranje se strewe om geleenthede vir die dogters te skep en te belê in ’n leerruimte waarin hulle veilig kan voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal.
Soos in pres. MT Steyn, stigter van die skool, se woorde: “Gee ons die dogters godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ’n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ’n heldin word.”
Die Voortrekkerdogter, op die eiland by die skool se ingang, wat vorentoe en vooruit beur is metafories aangesien Oranje se leuse "vooruit" is.
Oranje-leerders, wat as eende bekend staan, is inderdaad voordurend aan die vorentoe beur, want ’n eend kan immers nie agteruit loop nie.
“Ons as onderwysers vat hande met ons ouers en breër gemeenskap om ons dogters tot waardevolle pêrels te vorm en met geduld en aanmoediging lagies perlemoen op ons dogters neer te lê.”
- Mev. Adrie Albertyn, Oranje-skoolhoof
Missie
C & N Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende opvoeding op akademiese-, sport- en kultuurgebied sodat die leerlinge 'n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van 'n Christelike benadering tot die lewe kan maak. Ons is dus 'n skool met 'n baie besonderse identiteit en geskiedenis.
Visie
Die visie van C & N Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en die regte waardes en norme te ontwikkel as: selfstandige, bekwame jong vroue wat in staat is om gelukkige en vervulde lewens te lei, sodat hulle 'n besonderse bydrae kan maak - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld.
Ons leuse: Vooruit
Oranje-leerders, wat as eende bekend staan, is inderdaad voortdurend aan die vorentoe beur, want ’n eend kan immers nie agteruit loop nie. Hierdie simboliese betekenis word op ons skoolwapen uitgebeeld en die Voortrekkerdogter, op die eiland by die skool se ingang, wat vorentoe en vooruit beur is metafories aangesien Oranje se leuse “vooruit” is.
By Oranje streef ons na twaalf waardes wat rondom die sonhorlosie in die Pansegrouw Tuin vertoon word, om ons te herinner aan hoe kosbaar tyd is en vir ons staan hierdie vier waardes uit om inderdaad vooruit te kan gaan:
HOOP
INTEGRITEIT
TOEWYDING
STANDVASTIGE GELOOF
" 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja,
wat ek ontvang het, is vir my mooi."
Psalm 116:6

Koshuislewe
Die Bornman- en Elizabeth le Rouxkoshuis is 'n tuiste waar koshuisdogters deur die week 'n wonderlike tuiste het en hegte vriendskapsbande vorm.
Die Bornmankoshuis huisves ons graad 1 en 2 dogters waarna die Elizabeth le Roux-koshuis hul tuiste word vanaf graad 3.
Buitemuurs
Sport- en kultuuraktiwiteite by Oranje vorm deel van die gebalanseerde opvoeding wat ons dogters ontvang en leer hulle om te groei, saam te werk en lewenslesse te omhels.
Hoofborge


