
Die C & N Primêre Meisieskool Oranje is ’n puik akademiese instelling met ’n trotse tradisie en is soos ’n groot familie waar elke dogter baie spesiaal is.
Dit is Oranje se strewe om geleenthede vir die dogters te skep en te belê in ’n leerruimte waarin hulle veilig kan voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal.
Soos in pres. MT Steyn, stigter van die skool, se woorde: “Gee ons die dogters godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ’n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ’n heldin word.”
Die Voortrekkerdogter, op die eiland by die skool se ingang, wat vorentoe en vooruit beur is metafories aangesien Oranje se leuse “vooruit” is.
Oranje-leerders, wat as eende bekend staan, is inderdaad voordurend aan die vorentoe beur, want ’n eend kan immers nie agteruit loop nie.
“Ons as onderwysers vat hande met ons ouers en breër gemeenskap om ons dogters tot waardevolle pêrels te vorm en met geduld en aanmoediging lagies perlemoen op ons dogters neer te lê.”
– Mev. Adrie Albertyn, Oranje-skoolhoof
Koshuislewe
Die Bornman- en Elizabeth le Rouxkoshuis is ‘n tuiste waar koshuisdogters deur die week ‘n wonderlike tuiste het en hegte vriendskapsbande vorm.
Die Bornmankoshuis huisves ons graad 1 en 2 dogters waarna die Elizabeth le Roux-koshuis hul tuiste word vanaf graad 3.
Ons Leuse
“Vooruit”
HOOP
INTEGRITEIT
TOEWYDING
STANDVASTIGE GELOOF
Hoofborge
