Atletiek

Atletiek word in die eerste en vierde kwartaal aangebied. In die vierde kwartaal oefen alle belangstellende dogters om hulle voor te berei vir die byeenkomste wat in die eerste kwartaal gehou word.

OMS-atlete neem deel aan die Sone C-byeenkoms, Motheo/Xhariep, Vrystaat-kampioenskap en SA-byeenkoms, soos wat hulle daarvoor kwalifiseer.

Oranje se kleure-atletiek vind in Januarie plaas. Ná die kleure-atletiek word dogters wat presteer, gekies om verdere oefeninge by te woon voordat hulle ingeskryf word vir die sonebyeenkoms. Dogters wat tydens dié byeenkoms presteer, word dan gevra om verder nog oefeninge by te woon sodat hul kan deelneem aan die Motheo/Xhariep-byeenkoms. Die dogters wat daar presteer word gekies om te gaan deelneem aan die Vrystaat-kampioenskap.

Middelafstande, verspring, diskus en hoogspring word nie by die skool aangebied nie weens beperkte oefenruimte.
Gewigstoot vind bo by die skool se astro- en atletiekbaan plaas.
Spiesgooi en naellope word op die onderste hokkieveld aangebied.

Atletiekhoof: Chandriné Jones

ORANJE SKAKELS

Preprimêr

Webtuiste: Skool
Telefoon: 051 448 4149
Besigheidsure - Voldag:
Maandag - Vrydag: 07:00-17:15
Besigheidsure - Halfdag:
Maandag - Vrydag: 07:00-12:30

Primêr

Webtuiste: Skool | Koshuis
Telefoon: 051 447 6845
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00

Sekondêr

Webtuiste: Skool | Koshuis
Telefoon: 051 447 4681
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00

Reünie

Webtuiste
Navrae: Sarette Botha
Telefoon: 079 870 0495