Swem

Swemoefening word by die skool se swembad in die eerste en vierde kwartaal aangebied.

Alle leerders van gr. 1 tot gr. 6 word in in die vierde kwartaal geëvalueer om te bepaal in watter groep hulle die volgende jaar gaan oefen. Die verdeling vind plaas volgens ’n spesifieke kriteria.
Dogters kan, soos hulle ontwikkel, tussen groepe geskuif word deur die afrigters.

Oranje hou sy eie kleuregala in die eerste kwartaal. Dogters wat hier presteer, word dan vir die Vrystaat-interskolegala ingeskryf.

Swemhoof: Michelle Crous