REDENAARS
Met elke kompetisie word beoordelaars, wat nie aan die skool verbonde is nie, gebruik.
Tydens die eerste kompetisie kwalifiseer die eerste vier sprekers in elke afdeling (grondslagfase en intermedêre fase) om aan die ATKV-Redenaars kompetisie deel te neem.
Die grondslagfase-redenaars is slegs vir gr. 2- tot gr. 3-leerders. Gr. 1’s het een geleenthied in die tweede kwartaal. Met hulle deelname kan hul na die OMS-redenaarsfinaal deurdring.
GF-leerders begin ongeveer twee weke voor die kompetisie hulle toesprake tydens pouse in die saal of klas oefen om gemaklik te raak met die idée van voor mense praat.
Jaarliks word ook aan die ATKV-redenaars deelgeneem. Weens getalle mag slegs vier junior- en agt seniorspekers deelneem.
Twee leerders in gr. 6 en gr. 7 kan jaarliks aan die tweetaligheidsredenaars deelneem.
Leerders mag nie dieselfde toespraak by skoolredenaars-rondes gebruik nie. Leerders moet vir die uitdunrondes asook die eindronde drie verskillende toesprake lewer.
Daar vind ook Radikale Redenaars plaas wat poog om dinge so lekker, lig en informeel as moontlik te hou met die klem op aanmoediging en motivering, eerder as kritiek. Leerders neem in graadverband deel.
Redenaarshoof: Juf. Marteli Ross
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Bornmanhuis
(Rina de Kock):
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 072-302-5662
Le Rouxhuis
(Anita Fourie):
E-pos: anitafourie@webmail.co.za
Telefoon: 082-903-5947