Algemeen

C&N Primêre Meisieskool Oranje

Wie is ons?
Die Primêre Meisieskool Oranje is uit die stryd en armoede van die Afrikanervolk ná die Anglo-Boereoorlog gebore. President MT Steyn, stigter van Oranje in 1907, het die volgende in gedagte gehad met die stigting van die skool: “Gee aan die vrou godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ‘n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ‘n heldin word.”

Die hoër- en laerskool is saam in 1907 gestig.  Reeds in 1950 het die besprekings begin om die laerskool van die hoërskool te skei, maar eers in 1956 is mej. A.E. Rossouw as die eerste hoof aangestel. Daar was 246 leerlinge op die rol en saam met die hoof, tien onderwyseresse.

Die naam “Oranje”
Die skool is vernoem na die Huis van Oranje in Nederland, aangesien die jong koningin Wilhelmina ‘n ruim bydrae tot die stigting van die skool gemaak het. Behalwe geld, is silwer en porselein gestuur om die skool in te rig.

Skoolwapen
Pres. Steyn en sy vrou het hulle familiewapen aan die skool oorhandig. Dit is oorspronklik afkomstig uit Haarlem.

Ons leuse:  “Vooruit”
Daar is drie eenjies op die wapen.  ‘n Eend kan net vorentoe stap en nooit agteruit, simbolies dus vir ons leuse.

Die Primêre Meisieskool se hoofde:
Mej. A.E. Rossouw: 1956 – 1970
Mej. E.J. Venter: 1971 – Junie 1979
Mej. H.A. van Ryneveld: Julie 1979 – 1992
Mev. C.H. Muller: Julie 1993 – 2006
Mev. A.T. Albertyn: 2007 –

 

.search-results div#sidebar {display: none !important;}