Tweekamp
Tweekamp word nie as ’n sport by Oranje afgerig nie. Dogters oefen dus saam met die atletiek en swem of privaat. Oranje behartig slegs die inskrywings.
In Februarie word proewe gehou waar ’n Suid-Vrystaat A-span gekies word om na die SA’s te gaan.
Gedurende September vind daar ook proewe plaas waarop ’n Suid-Vrystaat A-, B- en C-span gekies word om aan die interprovinsiale byeenkomste deel te neem.
Dogters verteenwoordig die skool, en dus moet hulle in Oranje se sportklere deelneem.
Tweekamphoof: Chandriné Jones
