Biblioteek
Die biblioteek is Dinsdae tot Donderdae vanaf 13:45 tot 15:00 oop.
Om die lees van boeke by leerders aan te moedig, word elke kwartaal ’n leesweek gehou waartydens skrywers van jeugverhale die leerders toespreek (wanneer dit moontlik is).
Jaco Jacobs en Fanie Viljoen is van die skrywers wat al die skool besoek het. Tydens die leesweek word ’n boekuitstalling en -verkoping deur bv. LAPA Uitgewers of The Book People aangebied waar leerders hul boekversamelings kan aanvul.
Daar word elke jaar agt biblioteekleiers gekies om in die biblioteek diens te verrig. Hulle is saam met die bibliotekaresse medeverantwoordelik vir die versorging van die lokaal, boeke en ook uitleen en teruggee van boeke.
Dogters mag ’n boek vir ’n tydperk van sewe dae uitneem. Boetes word gehef op boeke wat ná die sperdatum teruggegee word.
Indien ’n boek verlore raak of onherstelbaar beskadig is, moet ’n vervangingskoste betaal word.
Biblioteekhoof: Elmarie Roos en Elmarie Pretorius
ORANJE SKAKELS
Preprimêr
Webtuiste: Skool
Telefoon: 051 448 4149
Besigheidsure - Voldag:
Maandag - Vrydag: 07:00-17:15
Besigheidsure - Halfdag:
Maandag - Vrydag: 07:00-12:30
Primêr
Webtuiste: Skool | Koshuis
Telefoon: 051 447 6845
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00
Sekondêr
Webtuiste: Skool | Koshuis
Telefoon: 051 447 4681
Besigheidsure:
Maandag - Donderdag: 07:00-15:00
Vrydag: 07:00-14:00
Reünie
Webtuiste
Navrae: Sarette Botha
Telefoon: 079 870 0495