Landloop

Landloop word nie as ’n sport by OMS afgerig nie. Dogters oefen dus saam met die atletiekspan of privaat en Oranje behartig slegs die inskrywings.

Om te kwalifiseer om aan die Vrystaatkampioenskappe te kan deelneem, moet ’n atleet aan 60 van sy streekligas deelneem.

Landloop vind plaas tydens die tweede en derde kwartaal, gewoonlik op Vrydae by die Universiteit van die Vrystaat.

Dogters verteenwoordig die skool en moet dus in Oranje se sportklere deelneem.

Landloophoof: Chandriné Jones