Hokkie

Die hokkieliga vind in die tweede en derde kwartaal plaas. Proewe vir o.12- en o.13-spanne word in Februarie gehou. Al die ander spanne oefen eers as die skool in die tweede kwartaal begin waarna proewe volg.

In die eerste kwartaal word op Maandae en Dinsdae vir 45 minute per dag geoefen en in die derde kwartaal op Dinsdae en Woensdae vir 60 minute.

Wedstryde word op Donderdae gespeel. Elke ouderdomsgroep het ’n juffrou wat die organiseerder van die betrokke groep is. Elke groep het ook ’n buite-afrigter wat help.

Hokkiedae word dikwels op Saterdae aangebied. Die o.13A-span speel in die Maart-vakansie in ’n toernooi ter voorbereiding op die seisoen.

Hokkiehoof: Engela le Roux