Seniorkoor
Die seniorkoor is vir gr. 4 tot gr. 7 dogters. Alle dogters wat in die seniorkoor wil sing, moet eers ’n oudisie by die koorleier aflê.
Die eerste drie oefeninge maak deel uit van die oudisies. Daar is oefening op ’n Woensdag van 17:00 tot 18:30 asook Dinsdag- en Donderdagoggende van 07:00 tot 07:30 vir die soprane en alte onderskeidelik.
Die koor word beskou as nog een van die skool se belangrike buitemuurse aktiwiteite en verdien dieselfde aandag as enige ander aktiwiteit.
Die seniorkoor tree op in hul skooldrag en elke koorlid dra by tot die koor se vordering en mooi klank.
Koorleier: Werner Stander
Begeleier: Maretha Steyn
