Musiek

Die skool bied klavier-, blokfluit-, marimba-, viool-, kitaar-, sang- en formele teorielesse aan. In die lesse word die leerders ook blootgestel aan teorie, gehoor en musiekbelewing.

Die leerder, onderwysers en ouers werk saam. Die ouer sien toe dat die leerder oefen om sodoende vordering te bewerkstellig.

Musiekpersoneel wat vind dat die leerder gereed is vir optredes, kan die leerder vra om aan die kunswedstryd en eksterne eksamens deel te neem.

Daar word verwag van alle leerders wat musiek neem om aan die musiekkonserte deur die loop van die jaar deel te neem.

Musiekhoof: Renée Neuhoff